Psalms 55:24 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar U, o God, sal die bose mense na die graf van verderf laat afdaal. Moordenaars en bedrieërs sal jonk sterf, maar ek sal op U vertrou. |
| Afrikaans 1983 | Maar daardie mense, o God, U sal hulle in die graf in laat neerdaal. Sulke moordenaars en bedrieërs sal in die fleur van hulle lewe sterf. Maar ek, op U vertrou ek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U, o God, laat hulle afdaal in die put van die graf. Die manne van bloed en bedrog haal nie eers die helfte van hulle jare nie. Maar ek, ek vertrou op U. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O God, U sal my vyande laat sterf, hulle sal moet afgaan na die diepste plek in die doderyk. Hulle wat ander mense vermoor en bedrieg, hulle sal sterf voordat die helfte van hulle lewe verby is. Ek weet dat U sal doen wat U belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar, God, U sal daardie skelms straf. U sal hulle vernietig. Hulle is oneerlik. Hulle wil ander mense se lewe vernietig. U sal hulle laat sterf terwyl hulle nog baie jonk is. Ek sal net op U vertrou, Here! |