Hosea 14:10 — Compare Translations
5 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat hulle wat wys is hierdie woorde verstaan. Laat hulle wat verstandig is aandagtig luister. Die paaie van die Here is waar en reg. Regverdige mense loop daarop, maar sondaars struikel en val op die pad. |
| Afrikaans 1983 | Wie wysheid het, sal op hierdie woorde ag slaan. Wie verstandig is, sal dit ter harte neem, want wat die Here doen, is reg. Die regverdiges lewe daarvolgens, en die opstandiges kom daardeur tot 'n val. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is wys dat hy hierdie dinge kan verstaan, en verstandig dat hy dit kan begryp? Ja, die paaie van die Here is reguit – regverdiges loop daarop, maar oortreders sal daarop struikel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat wysheid het, almal wat verstand het, moet luister na wat Hosea in hierdie boek geskryf het. Julle moet luister, want die paaie van die Here is reg. Regverdige mense loop op die Here se paaie, maar die mense wat nie na Hom wil luister nie, sal val. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die een wat verstand het, sal verstaan wat hierdie woorde beteken. Iemand wat sake begryp, sal snap waarop hulle dui. Die pad wat die Here loop, is ’n reguit pad. Mense wat opreg is, volg dieselfde pad. Mense wat niks van die Here wil weet nie, verdwaal op daardie pad. |