Psalms 56:14 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 Want U het my van die dood gered. U het my voete van struikeling bewaar sodat ek saam met God kan loop en kan lewe in sy lig.
Afrikaans 1983 want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want U het my lewe uit die dood weggeruk. Het U dan nie my voete van struikeling bewaar, sodat ek voor God kan leef in die lig van die lewe nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want U het my gered van die dood, U het gekeer sodat ek nie val nie. Ek kon aanhou lewe naby God, ek kon lewe in sy lig, dit is die lig wat my laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis wat ek vir U wil terugdoen, want U het my uit die dood gered. U het my gehelp om saam met U op die pad van die lewe te bly, al was dit baie moeilik. U het my in die lewe gehou.