bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 99
Psalms 99
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die Here is koning! Laat die nasies bewe! Hy sit op die gerubs! Laat die hele aarde bewe!
2
Groot is die Here in Sion, hoog verhewe bokant al die volke.
3
Hulle moet u Naam verheerlik; dis groot en ontsagwekkend. Heilig is Hy!
4
U is die magtige koning wat die reg liefhet. U het opregtheid gevestig, en reg en geregtigheid in Jakob.
5
Loof die Here ons God! Aanbid Hom by sy voete, want Hy is heilig!
6
Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel het sy Naam aangeroep. Hulle het die Here om hulp geroep en Hy het hulle gebed verhoor.
7
In ’n wolkkolom het Hy gepraat, en sy bevele en voorskrifte wat Hy gegee het, het hulle gehoorsaam.
8
Here ons God, U het hulle geantwoord. U was vir hulle ’n God wat vergewe, maar ook Een wat hulle oortredings straf.
9
Loof die Here ons God! Dien Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig!
← Chapter 98
Chapter 100 →