bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 98
Psalms 98
Afrikaans (NLV) 2011
1
Sing vir die Here ’n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen. Hy het verlossing bewerk met sy krag en Goddelike mag.
2
Die Here het sy redding aangekondig. Voor die oë van die nasies het Hy sy regverdigheid getoon.
3
Hy het sy liefde en trou teenoor die huis van Israel onthou. Ons God se redding was sigbaar tot aan die uithoeke van die aarde.
4
Laat die hele aarde die Here loof. Breek uit in sang, sing van vreugde!
5
Bring lof aan die Here met die lier, met lier en met sang,
6
met trompette en ramshoring. Juig tot eer van die Here, die Koning.
7
Die see en alles daarin moet druis, die wêreld en almal wat daarin woon.
8
Die riviere moet hande klap, die berge moet jubel
9
voor die Here. Want Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld regverdig oordeel, en die volke met billikheid.
← Chapter 97
Chapter 99 →