bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 100
Psalms 100
Afrikaans (NLV) 2011
1
Almal op aarde, juig tot eer van die Here!
2
Dien die Here met blydskap. Kom voor Hom en sing met vreugde.
3
Erken dat die Here God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld.
4
Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam.
5
Want die Here is goed. Sy troue liefde hou aan vir altyd, sy trou is van geslag tot geslag.
← Chapter 99
Chapter 101 →