bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 75
Psalms 75
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Ons dank U, o God! Ons dank U, want u Naam is by ons. U magtige dade maak dit bekend.
3
“Op die tyd wat Ek bepaal het, sal Ek met regverdigheid oordeel.
4
Die aarde en sy inwoners bewe, tog vestig Ek hom stewig. Sela
5
“Die hoogmoediges het Ek gewaarsku: ‘Hou op met julle grootpratery!’ en vir die goddeloses: ‘Moenie julleself verhef nie!
6
Moenie jou teen die hemel verhef, of aanmatigend praat nie.’”
7
Want uit die ooste of weste, of selfs uit die woestyn, kom daar geen verheffing nie.
8
Maar God is die regter wat verneder of verhef.
9
In sy hand hou die Here die beker, gevul met bruisende wyn en kruie. Hy skink daaruit. Die goddeloses van die aarde sal selfs die afsaksels moet drink.
10
Maar ek sal altyd getuig en sing tot eer van die God van Jakob.
11
“Al die krag van die goddelose sal Ek afbreek; maar die krag van die regverdige sal vermeerder.”
← Chapter 74
Chapter 76 →