bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 76
Psalms 76
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
God het Hom bekendgemaak in Juda; sy Naam is groot in Israel.
3
Hy woon in Salem; Sionsberg is sy woning.
4
Daar het Hy die brandpyle vernietig, skilde, swaarde en oorlogswapens. Sela
5
Die glans van u verskyning is heerliker as die hoogste berge.
6
Dapper soldate is geplunder, in hulle slaap oorweldig. Geen soldaat kon ’n hand oplig nie.
7
Toe U hulle bestraf, o God van Jakob, het ruiter en perd dood neergeval.
8
U moet gevrees word, ja, U! Wie kan voor U standhou wanneer u toorn ontbrand?
9
Uit die hemel het U uitspraak gelewer; die wêreld was bang en stil.
10
God het opgestaan om te oordeel, om die verdruktes op aarde te red. Sela
11
Die woede van mense — dit verander U tot lof. Wat nog daarvan oorbly, gebruik U in u diens.
12
Maak geloftes aan die Here jou God, en voer dit uit. Laat almal rondom Hom geskenke bring aan Hom, die Ontsagwekkende.
13
Hy breek die moed van prinse; konings van die aarde is bang vir Hom.
← Chapter 75
Chapter 77 →