bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 63
Psalms 63
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water.
3
Ek het U inderdaad in die heiligdom gesien en u krag en heerlikheid aanskou.
4
U troue liefde is beter as die lewe; daarom prys ek U!
5
Daarom wil ek U prys so lank as wat ek lewe, en in u Naam my hande ophef.
6
U versadig my meer as die rykste kos. Met vreugdeliedere sal ek U loof.
7
As ek op my bed lê en aan U dink, oor U nadink in die nag,
8
onthou ek hoe U my gehelp het. Dan wil ek sing in die skaduwee van u vleuels.
9
Ek is aan U verbind, u regterhand hou my staande.
10
Mag hulle wat my lewe soek, omkom en in die dieptes van die aarde wegsink.
11
Mag hulle oorgegee word aan die swaard en kos word vir die jakkalse.
12
Maar die koning sal bly wees in God. Almal wat op God vertrou, sal Hom prys, terwyl leuenaars stilgemaak sal word.
← Chapter 62
Chapter 64 →