bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 62
Psalms 62
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing.
3
Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek baie stewig staan.
4
Hoe lank sal julle ’n mens aanval? Hulle almal probeer om my dood te maak. Ek is reeds soos ’n bouvallige muur, of ’n vervalle heining.
5
Hulle wil my my ereplek ontneem. Hulle geniet dit om leuens te vertel. Met hulle mond seën hulle my, maar in hulle harte vervloek hulle my. Sela
6
Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.
7
Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan.
8
God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug.
9
Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. Sela
10
Sekerlik is mense net ’n asempie, en die mensdom onbetroubaar. Op die weegskaal weeg hulle niks. Saam is hulle ligter as ’n windjie.
11
Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie.
12
God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God,
13
en ook die trou behoort aan U, Here. U beloon elkeen volgens sy dade.
← Chapter 61
Chapter 63 →