bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 64
Psalms 64
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
O God, luister tog na my klag. Beskerm my teen die dreiging van my vyande.
3
Beskut my teen sameswerings van kwaadwillige mense, teen die kwaadstokery van hulle wat onreg doen.
4
Hulle wat hulle tong skerp maak soos swaarde, soos pyle met bitter woorde skiet,
5
om uit hinderlae op die onskuldige te skiet, om onverwags op hom te skiet sonder om bang te wees.
6
Hulle spoor mekaar aan tot bose dade; in die geheim beplan hulle lokvalle. Hulle vra: “Wie sal dit ooit raaksien?”
7
Hulle beplan misdaad, en sê: “Ons het ’n volmaakte plan!” Die mens se gedagtes en bedoelings is inderdaad baie duister.
8
Maar God tref hulle met ’n pyl, en skielik is hulle gewond.
9
Hulle eie woorde laat hulle struikel. Elkeen wat dit sien, skud die kop.
10
Dan sal almal, vervul met ontsag, getuig oor die dade van God en iets van sy werke verstaan.
11
Die regverdiges sal bly wees in die Here, en skuiling soek by Hom. Al die opregtes van hart sal Hom prys.
← Chapter 63
Chapter 65 →