bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 61
Psalms 61
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
O God, luister na my roepstem en hoor my gebed!
3
Vanaf die einde van die aarde roep ek tot U om hulp, want ek is moedeloos. Lei my na die rots hoër as ek.
4
Waarlik, U is vir my ’n skuilplek, ’n sterk vesting buite bereik van my vyande.
5
Laat my vir altyd in u woning bly, en onder die beskerming van u vleuels skuil! Sela
6
Want U het my geloftes gehoor, o God. U vervul die begeerte van hulle wat u Naam dien.
7
Voeg dae by die lewe van die koning; laat sy lewensjare van geslag tot geslag wees!
8
Mag hy vir altyd voor God regeer. Mag u goedheid en waarheid hom bewaar.
9
Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my geloftes betaal.
← Chapter 60
Chapter 62 →