bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 53
Psalms 53
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Net ’n dwaas sê in sy hart: “Daar is geen God nie.” Hulle is bedorwe en hulle dade is boos. Niemand doen iets wat goed is nie!
3
God kyk neer vanuit die hemel oor die hele mensegeslag om te sien of daar één is wat verstandig is, één is wat God dien.
4
Maar nee! Almal het weggedraai; almal het bedorwe geword. Niemand doen wat goed is nie, nie eens één nie!
5
Sal die boosdoeners nooit leer nie? Hulle verorber my volk soos brood. Hulle weier om God te dien.
6
Angs sal hulle daar beetpak, skrik soos nooit tevore nie. Die beendere van julle aanvallers sal God verstrooi. Julle sal hulle tot skande bring, want God het hulle verwerp.
7
Mag uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer God sy volk herstel, sal Jakob jubel, sal Israel bly wees.
← Chapter 52
Chapter 54 →