bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 52
Psalms 52
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
***
3
Hoekom spog jy met jou boosheid, man van mag? God se troue liefde is mos sonder einde!
4
Jy beplan verwoesting. Jou tong is skerp soos ’n skeermes; jy is ’n bewerker van bedrog.
5
Jy verkies boosheid bo goedheid en leuens bo die waarheid. Sela
6
Jy geniet woorde wat vernietig, en met jou tong bedrieg jy!
7
Maar God sal jou vir altyd neergooi. Hy sal jou gryp, jou uit jou woning wegsleep en jou ruk uit die land van die lewendes. Sela
8
Die regverdiges sal dit sien en met eerbied vervul word. Hulle sal lag en sê:
9
“Kyk wat gebeur met die man wat nie by God geskuil het nie: Hy het eerder op sy rykdom vertrou, en deur verwoesting sterk geword.”
10
Maar ek is soos ’n olyfboom wat geil groei in die huis van God. Ek vertrou op God se goedheid so lank as wat ek lewe.
11
Ek sal U altyd loof, o God, vir wat U gedoen het. Ek sal op u Naam hoop, want hulle wat aan U getrou is, weet dat U goed is.
← Chapter 51
Chapter 53 →