bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 51
Psalms 51
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
***
3
Wees my genadig, o God, volgens u troue liefde. Wis tog my sonde uit, op grond van u barmhartigheid.
4
Was my skoon van my skuld. Reinig my van my sonde.
5
Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my.
6
Teen U, U alleen, het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is. Daarom is u uitspraak reg en u oordeel regverdig.
7
Want ek is as sondaar gebore, en was dit toe my ma swanger geword het.
8
Maar U verwag waarheid in die hart. U leer my om wysheid te besit.
9
Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.
10
Gee my tog weer blydskap en vreugde; U het my stukkend gebreek, laat my weer vol vreugde wees.
11
Moenie let op my sondes nie, en wis al my oortredings uit.
12
Skep vir my ’n rein hart, o God. Gee my ’n nuwe, standvastige gees.
13
Moenie my verban wég van u teenwoordigheid nie, en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.
14
Gee my tog weer die vreugde van u redding en maak my gewillig om U te gehoorsaam.
15
Dan sal ek oortreders u weë leer, sodat sondaars hulle tot U sal bekeer.
16
Verlos my van bloedvergieting, God, my Redder-God. Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid.
17
Help my om te praat, Here, sodat ek u lof kan verkondig.
18
U verlang nie offers nie, anders sou ek dit bring. Selfs brandoffers wil U nie hê nie.
19
Die offer wat U wil hê, o God, is ’n gebroke gees. ’n Gebroke en berouvolle hart sal U nie verwerp nie, o God.
20
Wees genadig oor Sion, volgens u goedheid; herbou tog die mure van Jerusalem.
21
Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees, brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altaar offer.
← Chapter 50
Chapter 52 →