bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 5
Psalms 5
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
O Here, luister tog na my gebed; gee aandag aan my versugting.
3
Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid.
4
Here, in die oggend sal U my stem hoor. Soggens bring ek my versoeke vol verwagting na U toe.
5
O God, U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie.
6
Verwaandes kan nie voor U kom nie; U haat almal wat kwaad bewerk.
7
U vernietig hulle wat leuens vertel. Die Here verafsku moordenaars en bedrieërs.
8
Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid.
9
Leer my tog wat reg is, Here, vanweë my vyande, en u pad, maak dit voor my reguit.
10
Hulle praat nie die waarheid nie, en begeer ander se vernietiging. Hulle keel is ’n ope graf, hulle tong is pure vleiery.
11
O God, verklaar hulle skuldig. Laat hulle gevang word deur hulle eie planne. Jaag hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.
12
Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel.
13
Want U seën die vromes, Here, u genade beskerm hulle soos ’n skild.
← Chapter 4
Chapter 6 →