bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 6
Psalms 6
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Here, straf my nie in u toorn, kasty my tog nie in u woede nie.
3
Wees my genadig, Here, want ek is swak. Maak my gesond, Here, want my liggaam is vol pyne.
4
My hele wese is angsbevange. Hoe lank nog, Here?
5
Kom terug, Here, en red my. Genees my op grond van u liefde.
6
Want wie onthou U in die graf? Wie kan U loof in die doderyk?
7
Ek is vermoeid van verdriet. Snags is my bed deurweek, is my kussing nat van trane.
8
My oë is dof van droefheid, dis verswak weens al my vyande.
9
Gaan weg, al julle kwaaddoeners, want die Here het na my hulpgeroep geluister.
10
Die Here het my pleidooi gehoor; die Here sal my gebed beantwoord.
11
Al my vyande sal beskaamd en baie verslae wees; in ’n oogwink sal hulle beskaamd wees en omdraai.
← Chapter 5
Chapter 7 →