bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 4
Psalms 4
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Antwoord my wanneer ek roep, my regverdige God! U staan my by in my verknorsing. Wees my genadig en hoor my gebed.
3
O mensdom, hoe lank sal julle my goeie naam beklad? Hoe lank sal julle valse beskuldigings maak? Hoe lank sal julle leuens najaag? Sela
4
Hiervan kan julle seker wees: Die Here het besondere genade aan die getroues bewys. Die Here sal antwoord wanneer ek tot Hom roep.
5
Moenie sondig as jy ontsteld is nie. Oordink dit in die nag op jou bed en wees rustig. Sela
6
Bring die voorgeskrewe offers en vertrou op die Here.
7
Baie mense sê: “Wie sal vir ons goeie dinge wys?” Laat u glimlag oor ons skyn, Here!
8
U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed.
9
Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon.
← Chapter 3
Chapter 5 →