bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 23
Psalms 23
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie.
2
Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my.
3
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam.
4
Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.
5
U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak.
6
Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe.
← Chapter 22
Chapter 24 →