bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 24
Psalms 24
Afrikaans (NLV) 2011
1
Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe.
2
Die fondamente van die aarde het Hy in die oseane gelê, en dit op die riviere gevestig.
3
Wie mag opklim teen die berg van die Here? Wie mag staan in sy heilige plek?
4
Net hulle wie se dade onskuldig, wie se denke sonder bybedoeling is; wat nie bedrog pleeg nie en nie ’n eed valslik aflê nie.
5
So ’n persoon sal die seën van die Here ontvang en God sy redder sal aan hom reg laat geskied.
6
Só lyk die mense wat Hom dien en die God van Jakob aanbid. Sela
7
Word hoër, o poorte! Word nog hoër, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan.
8
Wie is die roemryke Koning? Die Here, sterk en magtig, die Here, onoorwinlik in die stryd.
9
Gaan oop, o poorte! Gaan oop, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan.
10
Wie is die roemryke Koning? Die Here, die Almagtige, Hý is die roemryke Koning. Sela
← Chapter 23
Chapter 25 →