bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 15
Psalms 15
Afrikaans (NLV) 2011
1
Here, wie mag dit waag om in u teenwoordigheid te kom? Wie mag woon op u heilige berg?
2
Hy wat onberispelik lewe en doen wat reg is, met ’n opregte hart die waarheid praat;
3
wat nie sy medemens belaster, hom benadeel, of van hom kwaadpraat nie;
4
wat dié wat aanhou sondig, verfoei, húlle eer wat die Here dien, en beloftes gestand doen selfs tot sy nadeel;
5
wat nie geld op rente uitleen nie, en nie omkoopgeld teen onskuldiges aanvaar nie. ’n Mens wat so optree, sal vir altyd stewig staan.
← Chapter 14
Chapter 16 →