bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 16
Psalms 16
Afrikaans (NLV) 2011
1
Beskerm my, o God, want ek kom na U toe vir skuiling.
2
Ek sê vir die Here: “U is my Here! Alle goeie dinge kry ek van U alleen.”
3
Die sogenaamde heiliges in die land, vervloek is elkeen wat vreugde in hulle vind.
4
Mag hulle wat ander gode najaag baie droefheid beleef. Drankoffers van bloed sal ek nie uitgiet nie, of die name van hulle afgode op my lippe neem nie.
5
Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming.
6
’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!
7
Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus.
8
Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand; daarom sal ek nie struikel nie.
9
Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid.
10
Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie.
11
U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.
← Chapter 15
Chapter 17 →