bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 14
Psalms 14
Afrikaans (NLV) 2011
1
Net dwase sê vir hulleself: “Daar is geen God nie.” Hulle is korrup en hulle dade is boos. Niemand doen die goeie nie!
2
Die Here kyk neer vanuit die hemel op die hele mensegeslag om te sien of daar één verstandige is, één wat vir God soek.
3
Maar nee! Almal het afgedwaal, almal het versleg. Niemand doen wat goed is nie, nie eens een nie!
4
Sal boosdoeners dan nooit leer nie? Hulle eet my volk soos brood; hulle dink nie daaraan om die Here te dien nie.
5
Angs pak hulle beet, want God is met hulle wat Hom gehoorsaam.
6
Die planne teen die hulpeloses sal verydel word, want die Here sal sy volk beskerm.
7
Mag daar vir Israel redding kom uit Sion! Wanneer die Here sy volk herstel, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.
← Chapter 13
Chapter 15 →