bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 139
Psalms 139
Afrikaans (NLV) 2011
1
Here, U deursoek my en ken my.
2
U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af.
3
Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is.
4
Selfs voordat ek praat, Here, weet U al presies wat ek gaan sê.
5
U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my.
6
Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!
7
Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug?
8
Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar!
9
Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,
10
selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.
11
Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldig en die lig nag word rondom my,”
12
dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig.
13
U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.
14
Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!
15
My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.
16
U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.
17
Kosbaar is u gedagtes vir my, o God! Hoe onmeetlik is die totaal!
18
As ek dit sou moes tel, sou hulle meer wees as sandkorrels! Wanneer ek daarmee klaar is, sal ek nog steeds by U wees.
19
As U net die goddeloses sal uitroei, o God! Gaan weg van my, julle moordenaars!
20
Hulle smee bose planne teen U, u vyande misbruik u Naam.
21
Moet ek hulle nie haat wat vir U haat nie, Here? Moet ek nie ’n afkeer hê van dié wat teen U in opstand kom nie?
22
Ja, ek haat hulle met ’n volkome haat, want u vyande is my vyande.
23
Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed.
24
Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.
← Chapter 138
Chapter 140 →