bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 140
Psalms 140
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Red my van bose mense, Here, beskerm my van gewelddadiges
3
wat in hulle harte boosheid beplan en die hele dag vyandskap aanhits.
4
Hulle tonge is giftig soos ’n slang; hulle woorde venynig soos adders. Sela
5
Here, hou my uit die hande van goddeloses. Bewaar my van gewelddadige mense wat saamspan om my te laat val.
6
Trotsaards het vir my ’n strik gestel; ’n net van toue het hulle gespan, en op die pad vir my wippe gestel. Sela
7
Ek het vir die Here gesê: U is my God! Luister tog, Here, na my gebed om genade!
8
Oppermagtige Here, my sterke redder, U bewaar my op die dag van die veldslag.
9
Here, moenie toegee aan begeertes van bose mense nie. Moenie toelaat dat hulle planne suksesvol is nie. Sela
10
Mag die leiers wat my omsingel, oorspoel word met die boosheid waarvan hulle praat.
11
Laat gloeiende kole op hulle val, laat vuur op hulle val. Uit modderputte sal hulle nie kan kom nie.
12
Moenie toelaat dat lasteraars hulle in ons land vestig nie. Laat mense van geweld keer op keer met rampe getref word.
13
Maar ek weet die Here behartig die regsaak van die hulpeloses en die regte van die armes.
14
Die regverdiges sal u Naam prys, en in u teenwoordigheid sal die opregtes lewe.
← Chapter 139
Chapter 141 →