bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 138
Psalms 138
Afrikaans (NLV) 2011
1
Ek loof U met my hele hart, Here. Voor die gode sing ek u lof
2
wanneer ek buig na u heilige tempel. Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik.
3
Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag.
4
Here, al die konings van die aarde sal U dank wanneer hulle u woorde hoor.
5
Hulle sal sing van die werke van die Here, want groot is die heerlikheid van die Here.
6
Al is die Here hoog verhewe, gee Hy om vir die nederiges, maar die trotsaards ken Hy van ver af.
7
As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag.
8
Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie.
← Chapter 137
Chapter 139 →