bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 137
Psalms 137
Afrikaans (NLV) 2011
1
By die riviere van Babel het ons gesit en gehuil wanneer ons aan Sion dink.
2
Ons het ons liere daar aan die wilgerbome opgehang.
3
Dié wat ons weggevoer het, het ons gevra om ’n lied te sing. Ons verdrukkers het gesê ons moet ’n vreugdelied sing: “Sing vir ons ’n Sionslied!”
4
Maar hoe kan ons in ’n vreemde land ’n lied van die Here sing?
5
As ek jou vergeet, Jerusalem, laat my regterhand dan uitdroog.
6
As ek nie meer aan jou dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde is nie, mag my tong kleef aan my verhemelte.
7
Onthou tog die Edomiete, Here, en wat hulle gedoen het toe Jerusalem ingeneem is. Hulle het geskreeu: “Slaan plat! Slaan plat tot op die fondamente!”
8
Babel, jy is gedoem tot verwoesting. Geseënd is die een wat jou vergeld vir wat jy aan ons gedoen het.
9
Geseënd is hý wat jou babatjies neem en hulle teen ’n klip verpletter!
← Chapter 136
Chapter 138 →