bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 130
Psalms 130
Afrikaans (NLV) 2011
1
Uit die dieptes roep ek na U, Here,
2
luister tog na my stem, Here. Let tog goed op die smeking van my gebed.
3
Here, as U ons sondes sou opteken, wie, Here, sou ooit kon bestaan?
4
Maar by U is vergifnis; daarom word U gevrees.
5
Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord.
6
Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre.
7
Israel, hoop op die Here, want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome redding.
8
Hy sal Israel bevry van al hulle sondes.
← Chapter 129
Chapter 131 →