bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 129
Psalms 129
Afrikaans (NLV) 2011
1
Baie kere, vanaf my jeug, het hulle my verdruk. Laat Israel nou ook sê:
2
Baie kere, vanaf my jeug, het hulle my verdruk, maar hulle kon nie die oorhand oor my kry nie.
3
My rug is vol snye, asof lang vore daarop geploeg is.
4
Maar die Here is goed; Hy het die bande afgesny waarmee die goddeloses my vasgemaak het.
5
Mag almal wat Sion haat skaam omdraai.
6
Mag hulle wees soos gras op ’n dak, wat verdroog voor dit kan uitspruit,
7
en hy wat oes niks het om af te sny, en daar niks is om op te tel nie.
8
Geen verbyganger sal sê: “Die Here se seën is op julle; ons seën julle in die Naam van die Here” nie.
← Chapter 128
Chapter 130 →