bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 128
Psalms 128
Afrikaans (NLV) 2011
1
Geseënd is hulle wat die Here dien, wat wandel op sy weë.
2
Jy sal die vrug van jou arbeid geniet en gelukkig en voorspoedig wees.
3
In jou woning sal jou vrou wees soos ’n vrugbare wingerdstok. Jou seuns sal wees soos jong olyfbome rondom jou tafel.
4
So seën die Here die mens wat Hom dien.
5
Mag die Here jou seën uit Sion sodat jy so lank as wat jy lewe die voorspoed van Jerusalem sal sien,
6
en ook jou kleinkinders sal beleef. Mag daar vir Israel vrede wees.
← Chapter 127
Chapter 129 →