bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 127
Psalms 127
Afrikaans (NLV) 2011
1
As die Here die huis nie bou nie, is die bouers se arbeid tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak die wagte tevergeefs.
2
Tevergeefs werk julle so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos julle swoeg om te bestaan. Maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap.
3
Kinders is ’n gawe van die Here; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.
4
Soos pyle in ’n krygsman se hande, so is seuns gebore in ’n mens se jeug.
5
Gelukkig is die man wie se pylkoker vol van hulle is. Hy sal nie beskaam word wanneer hy in die stadspoort met sy vyand onderhandel nie.
← Chapter 126
Chapter 128 →