bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 126
Psalms 126
Afrikaans (NLV) 2011
1
Toe die Here die bannelinge teruggebring het na Sion toe, was dit vir ons soos ’n droom.
2
Ons het toe gelag en van vreugde gesing. Die ander nasies het gesê: “Die Here het groot dinge vir hierdie mense gedoen.”
3
Die Here het groot dinge vir ons gedoen en ons is vol vreugde!
4
Verander tog ons lot, Here, soos strome in die Suidland.
5
Hulle wat met trane saai, sal met vreugde maai.
6
Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslis sing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.
← Chapter 125
Chapter 127 →