bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 125
Psalms 125
Afrikaans (NLV) 2011
1
Hulle wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg; hulle is onbeweeglik en sal vir altyd bly bestaan.
2
Soos daar berge is rondom Jerusalem, so is die Here rondom sy volk nou, en vir altyd.
3
Die septer van goddeloses sal nie bly heers oor die land wat aan regverdiges gegee is nie, anders kan ook húlle in kwaad verval.
4
Here, doen goed aan dié wat goed is, hulle wat opreg van hart is.
5
Maar mag die Here dié verwyder wat saam met boosdoeners op verkeerde paaie loop. Mag daar vir Israel vrede wees.
← Chapter 124
Chapter 126 →