bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans (NLV) 2011
1
As die Here nie aan ons kant was nie, laat Israel dit nou maar sê,
2
as die Here nie aan ons kant was toe mense ons aangeval het nie,
3
sou hulle ons lewendig ingesluk het in die hitte van hulle toorn teen ons.
4
Die waters sou ons oorspoel het; strome sou ons oorweldig het.
5
Die woeste waters sou ons weggesleur het.
6
Lof aan die Here wat ons nie as prooi aan hulle oorgegee het nie.
7
Ons het ontsnap soos voëls uit ’n voëlvanger se wip. Die wip is gebreek, en ons het ontvlug!
8
Ons hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
← Chapter 123
Chapter 125 →