bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 122
Psalms 122
Afrikaans (NLV) 2011
1
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here.”
2
Nou staan ons voete hier, binne-in jou poorte, Jerusalem.
3
Jerusalem is ’n stad wat stewig gebou is,
4
waarheen die stamme opgaan, die stamme van die Here. Dis ’n vereiste vir Israel dat die Naam van die Here daar geprys moet word.
5
Daar staan die trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid.
6
Bid vir die vrede van Jerusalem, vir kalmte by almal wat jou liefhet.
7
Mag daar vrede wees binne jou mure, rus in jou paleise.
8
Ter wille van my broers en vriende is my wens: “Mag daar vrede in jou wees!”
9
Ter wille van die huis van die Here ons God bid ek: “Mag dit goed gaan met jou!”
← Chapter 121
Chapter 123 →