bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 121
Psalms 121
Afrikaans (NLV) 2011
1
Ek kyk op na die berge. Kom my hulp daarvandaan?
2
Nee, my hulp kom van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
3
Hy laat jou voet nie struikel nie; Hy wat waak oor jou, slaap nie.
4
Hy wat oor Israel waak, sal nooit sluimer of slaap nie.
5
Die Here waak self oor jou. Die Here is jou beskermer aan jou regterkant.
6
Die son sal jou bedags nie aantas nie, nog minder die maan in die nag.
7
Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe.
8
Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd.
← Chapter 120
Chapter 122 →