bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 120
Psalms 120
Afrikaans (NLV) 2011
1
In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.
2
Here, red my van lippe wat lieg, en van ’n tong wat mislei.
3
Wat sal Hy met jou doen? Hoe sal Hy jou straf vermeerder, lasterlike tong?
4
Hy sal toeslaan met skerp pyle van ’n soldaat, met gloeiende kole.
5
Dit was ellendig vir my om as vreemdeling in Mesek te woon, en saam te bly met die tentbewoners van Kedar.
6
Ek het te lank gewoon tussen mense wat vrede haat.
7
Ek begeer vrede, maar wanneer ek praat, soek hulle oorlog.
← Chapter 119
Chapter 121 →