bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 12
Psalms 12
Afrikaans (NLV) 2011
1
***
2
Help tog, Here, want opregtes bestaan nie meer nie! Onder die mensekinders is daar geen getroues oor nie.
3
Bure lieg vir mekaar. Hulle praat met vleiende lippe, maar met bedrieglike harte.
4
Die Here sny hulle vleiende lippe af en ook hulle grootpraterige tong.
5
Hulle sê: “Ons sal lieg soveel soos ons wil. Ons lippe behoort aan ons. Wie kan ons keer?”
6
Die Here antwoord: “Ek het die geweld teen hulpeloses gesien, en Ek het die versugting van die armes gehoor. Daarom sal Ek hulle beveilig, die veiligheid bied waarna hulle smag.”
7
Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ’n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is.
8
U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense bewaar,
9
selfs al loop die goddeloses oral rond om boosheid onder mense te saai.
← Chapter 11
Chapter 13 →