bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 11
Psalms 11
Afrikaans (NLV) 2011
1
Ek vertrou op die Here vir beskerming. Hoe kan julle vir my sê: “Vlug na die berge soos ’n voël!
2
Die goddeloses span hulle boë. Hulle sit hulle pyle op die snaar. Vanuit die skaduwees skiet hulle op die opregtes.
3
Wanneer die fondamente van wet en orde inmekaartuimel, wat kan die regverdiges dan doen?”
4
Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here se troon is in die hemel. Noukeurig kyk Hy na elke ding. Hy toets die mensdom.
5
Die Here toets die regverdiges, maar Hy haat die goddeloses en dié wat geweld liefhet.
6
Hy laat vuur en swael op die goddeloses reën, en brandende winde is die beker waaruit hulle sal drink.
7
Want die Here is regverdig en het regverdige dade lief. Hulle wat doen wat reg is, sal Hom sien.
← Chapter 10
Chapter 12 →