bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Psalms 101
Psalms 101
Afrikaans (NLV) 2011
1
Ek wil sing van u trou en geregtigheid. Here, ek wil U met liedere prys.
2
Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe, maar wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe met ’n opregte hart.
3
Ek steur my nie aan bose dinge nie. Ek haat alle valsheid; dit sal nie op my ’n houvas kry nie.
4
Ek sal verkeerde gedagtes verwerp en wegbly van alles wat boos is.
5
Iemand wat sy naaste beskinder, sal ek tot swye bring. Iemand met ’n trotse hart, vol eiewaan, sal ek nie duld nie.
6
Ek let op die getroues in die land, en laat hulle by my woon. Net dié wat opreg lewe, net húlle sal my dien.
7
Bedrieërs sal nie in my huis woon nie, en leuenaars sal nie by my bly nie.
8
Soggens sal ek regspreek, die goddeloses in die land uitroei, en al die bewerkers van kwaad afsny van die stad van die Here.
← Chapter 100
Chapter 102 →