bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 99
Psalms 99
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Die Here regeer! Laat elke mens dit weet en dan besef hoe klein hy voor God is. Die Here regeer oor almal bo in die hemel; op die aarde bewe almal voor Hom.
2
Die Here is groot tussen sy mense, groter as die grootstes van hierdie wêreld.
3
Laat almal U grootheid bewend prys: “U is heilig!”
4
Here, U is sterk en heers oor alles; U doen net wat reg is. Die grense van wat billik is, het U getrek. Deur die geskiedenis het U gewys wat reg en verkeerd is.
5
Maak die Here, ons God, groot bo alles. Buig laag voor sy voete. Hy is heilig!
6
Mense wat die Here in die ou tyd gedien het, Moses, Aäron en Samuel, het Hom gevra om hulle te help. God het geluister en gehelp.
7
Uit die wolkkolom het die stem van God gekom. Sy mense het geluister en gedoen wat Hy vra.
8
O Here, ons God, U het geantwoord toe hulle gevra het. U was bereid om hulle te vergewe, al moes hulle soms vir hulle sonde boet.
9
Maak die Here, ons God, groot. Kniel voor Hom neer en erken Hom vir wie Hy is. Die Here, ons God, is heilig!
← Chapter 98
Chapter 100 →