bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 100
Psalms 100
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Die hele wêreld moet die Here loof en aanbid!
2
Dien Hom met vreugde. Gaan na Hom toe. Sing vol blydskap en opgewondenheid.
3
Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons is Syne. Ons leef elke dag uit sy hand. Die Here sorg vir ons net soos ’n skaapwagter sy skape versorg. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie.
4
Dien die Here. Loof Hom veral daar waar die gelowiges bymekaarkom. Sing lofliedere saam met almal wat die Here liefhet. Loof sy Naam. Luister mooi,
5
die Here is ’n goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd!
← Chapter 99
Chapter 101 →