bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 98
Psalms 98
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Sing ’n nuwe lied wat spesiaal net vir die Here gemaak is. Vertel daarin hoe wonderlik Hy is. Hy het wonderlike dinge gedoen. Sy krag en Goddelike grootheid maak dat Hy altyd wen.
2
Die Here steek sy oorwinning nie weg nie. Almal op aarde het gesien hoe Hy reg doen.
3
Hy is lief vir Israel. En Hy was altyd getrou aan hulle. Almal op aarde het gesien hoe Hy hulle red en verlos.
4
Sing uit volle bors psalms vir die Here, almal wat op hierdie aarde is. Loop oor van blydskap.
5
Sing, speel musiekinstrumente; laat alles in een groot simfonie voor die Here opklink.
6
Blaas op trompette en wees bly oor Hom, want hy is ons koning en oor Hom wil ons van uitbundigheid oorloop.
7
Laat die see en alles daarin met sy gedruis die simfonie aanvul, terwyl die hele aarde in gejubel uitbreek.
8
Laat die riviere kletter soos hande wat klap en laat die heuwels van blydskap weergalm.
9
Laat alles en almal voor die Here sing. Hy gaan oor die wêreld heers, en wat Hy wil hê, gaan gebeur. Hy sal regverdig heers oor die wêreld en reg optree teenoor al die mense van hierdie wêreld.
← Chapter 97
Chapter 99 →