bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 53
Psalms 53
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
Dis net ’n baie dom mens wat kan dink dat God nie daar is nie. Sy optrede wys dit. Hy doen dinge waarvan God niks hou nie. Lieg en bedrieg is sy voorliefde. Alles wat hy doen, is sleg.
3
God soek oral na iemand wat die verstand het om Hom te dien en te doen wat Hy vra.
4
Alle mense het die verkeerde pad begin loop. Hulle was almal ewe korrup. Nie een het daarin belanggestel om te doen wat God wil hê nie.
5
Sal die slegte mense nooit leer nie? Hulle behandel die kinders van God sleg. Hulle buit sy kinders uit. Hulle praat nie eens met God nie.
6
Maar hulle gaan baie groot skrik! Hulle broeke gaan bewe van vrees, maar vir iets waarvoor ’n mens nie moet bang wees nie. Mense wat teen God se kinders baklei, sal deur God vernietig word. God se kinders sal hulle skrik maak, en hulle sal weghardloop. Want God het hulle verwerp.
7
Ag, mag die Here sy kinders in nood kom help! Sy kinders sal so bly wees wanneer God hulle situasie heeltemal verander.
← Chapter 52
Chapter 54 →