bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 52
Psalms 52
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
***
3
Jy dink jy is baie goed, nè! Jy spog oor die slegte dinge wat jy doen. Maar God sorg nog altyd vir my.
4
Jy maak heeldag planne om ander se lewe deurmekaar te krap. Jy spesialiseer in leuens. Jy wil ander seermaak met elke woord wat jy sê.
5
Jy kies eerder die slegte as die goeie. Jy lieg eerder as om die waarheid te praat.
6
Jy kry lekker as jy ander seermaak met wat jy sê, jou leuenaar.
7
Maar God sal jou jou verdiende loon gee. Hy sal jou uit jou blyplek pluk en jy sal in die dood beland.
8
Die mense wat doen wat God vra, sal dit sien en vol ontsag vir God wees. Hulle sal lekker vir jou lag en spottend sê:
9
“Kyk wat gebeur met iemand wat sonder God wil leef. Hy het gedink geld kan vir hom alles koop. Hy het sterk geword deur ander te vernietig.”
10
Maar ek is by God. Daar is ek soos ’n boom wat welig groei. Ek weet God sal altyd na my omsien. Hy sal vir my sorg.
11
Ek sal altyd vir U met my hele hart dankie sê vir alles wat U vir my doen. U is so wonderlik goed vir my. Saam met u kinders sal ek U loof.
← Chapter 51
Chapter 53 →