bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 54
Psalms 54
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
***
2
***
3
God, red my, asseblief! U is baie sterk. Laat die regte dinge met my gebeur.
4
God, help my wanneer ek tot U bid. Moet my nie ignoreer as ek by U kom hulp vra nie.
5
Mense wat ek nie ken nie, probeer my onderkry. Mense wat geweld gebruik, wil my doodmaak. Vir God het hulle geen respek nie.
6
Gelukkig help God my altyd! Die Here hou my lewe in sy hand vas.
7
Hy sal die kwaad wat mense my wil aandoen, op hulle eie koppe laat neerkom. Omdat U goed is vir u kinders, vra ek dat U hulle sommer vinnig van die aarde afvee.
8
Ek wil graag vir U iets doen om vir U dankie te sê, selfs meer as wat U vra: ek wil U kom loof, Here, want U is baie goed vir al u kinders.
9
U het my uit my nood gered. U het vir my gewys hoe mense wat my wou doodmaak, self sleg daarvan afkom.
← Chapter 53
Chapter 55 →