bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 130
Psalms 130
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Ek is in groot moeilikheid. Help my asseblief, Here. Moet asseblief nie my probleem miskyk nie.
2
Wys dat U my hulpgeroep hoor.
3
As U die hele tyd mense oor hulle sondes moes verwyt, sou niemand meer kon lewe nie.
4
Gelukkig vergewe U ons sondes. Daarom kyk mense op na U en dien hulle U.
5
Ek vertrou op die Here. Met my hele lewe vertrou ek op Hom. Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het. Ek glo Hy sal doen wat Hy belowe het.
6
Ek hou vas aan die Here, meer as wat ’n kleintjie aan sy ma vasklou. Ek sal U nooit los nie.
7
Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want Hy het sy kinders lief. Hy vergewe hulle weer en weer.
8
Hy sal al die dinge vergewe wat sy kinders verkeerd gedoen het.
← Chapter 129
Chapter 131 →