bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 129
Psalms 129
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
U kinders sê vir hulleself: “Reeds van kleins af is daar mense wat lelik met ons is.
2
Van jongs af het hulle ons baie sleg behandel, maar hulle kan ons nie onderkry nie.
3
Hulle het ons so geslaan dat dit gelyk het of ’n ploeg slote oor ons lyf oopgekrap het.
4
Maar die Here tree reg op. Hy het ons gered van daardie mense wat Hom nie dien nie.”
5
Here, mag almal wat U en u kinders nie liefhet nie, skaam word en padgee.
6
Laat hulle verdwyn soos ’n grashalm wat in die son verskroei nog voor dit mooi opgekom het.
7
’n Mens trek dit uit en gooi dit weg. Dit is nie eens genoeg om jou hand vol te maak nie.
8
As iemand by hulle verbyloop, sal hy nie eens sê: “Mag die Here goed wees vir julle” nie.
← Chapter 128
Chapter 130 →