bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 131
Psalms 131
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Here, ek dink nie ek is beter as ander mense nie. Verder doen ek nie dinge net om raakgesien te word nie. As ek iets nie kan doen nie, los ek dit. Mense probeer soms dinge doen sodat ander hulle op ’n troontjie kan plaas. Dit laat hulle soos God lyk.
2
Ek is tevrede soos ek is. Ek is soos ’n babatjie wat veilig in sy ma se arms lê. Die wêreld kan maar vergaan, maar ek voel veilig en tevrede. Dit gebeur as jy op die Here vertrou.
3
Stel jou hoop en vertroue op Hom. Hy sal jou altyd veilig laat voel.
← Chapter 130
Chapter 132 →