bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Psalms 128
Psalms 128
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
1
Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê!
2
Jou harde werk sal elke dag vir jou ’n goeie oes oplewer. Jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.
3
Jou huwelik sal een groot vreugde wees en jou kinders jou trots! Jou vrou en kinders sal soos ’n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak.
4
Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees, jy staan in die sonskyn van sy goedheid!
5
Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met sy goedheid, mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien.
6
Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kinders se kinders kan sien grootword. God gee sy vrede aan almal in Israel!
← Chapter 127
Chapter 129 →